Local sportSport

Amouré skitter op universiteit

Oud Marais Viljoen leerder hou skool se naam hoog.

OUD-Marais Viljoen leerder, Amouré le Roux, is onlangs as die junior sportsvrou van die jaar by die Universiteit van Johannesburg (UJ) aangewys.

Net soos in die verlede presteer Amouré geweldig goed op sportgebied en sy was ook in 2016 as die sportvrou van die jaar vir Ekurhuleni Suid aangewys.

Amouré het verlede jaar gematrikuleer en het groot naam met haar sportprestasies gemaak.

MOOI: Armouré le Roux met haar trofee.

Hoërskool Marais Viljoen het gesê dat dié toekenning ’n eerbewys is wat sy deur harde werk, uithou- en deursettingsvermoë verwerf het.

Die RECORD het verlede jaar oor Amouré berig toe sy in Junie die SA Atletiekspan by die Suidelike Afrika o-20 kampioenkappe verteenwoordig het. In die 400m het Armouré ’n tweede plek behaal en in die 4x100m aflos ’n eerste plek. Sy het ook ’n eerste plek in die 400m kortafstande behaal en ’n tweede plek in die 400m hekkies tydens die Gauteng Kampioenskappe in 2016 verwerf.

VAN NABY: Hier is die trofee wat Armouré le Roux onlangs ontvang het.

Hierdie is alles kwaliteite wat sy deur die jare by Marais Viljoen gewys en verfyn het. “Baie geluk Amouré, jy maak ons trots. Sterkte vir die toekoms, jou studies en jou atletiek. Ons is oortuig daar gaan nog talle sulke eerbewyse wees en wie weet, daardie droom van deelname aan die Olimpiese Spele is binne bereik,” het die skool geskryf.

Lees Ook:

Hoërskool Marais Viljoen se Magdalena Schmidt presteer

Marais Viljoen se klubkampioene

Hoërskool Marais Viljoen matric farewell (2)

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button