LettersOpinion

Matriekafskeid is beslis nie sakpas vir almal nie

Word daar ooit aan diesulkes gedink vir wie dit 'n daaglikse stryd is om die pyp te rook? .

Vandag wil ek ‘n klip in die bos gooi. Miskien gaan ‘n paar mense kwaad word en dalk gaan ‘n paar saamstem.

Ons sien al hoe meer hoe word mense op elke vlak van die lewe uitgebuit en ons het al soos skape geword wat ter slagting geneem word en wat alles maar net aanvaar.

Ek wil vandag oor matriekafskeid gesels.

My persoonlike mening is dat dit al oor die laaste paar jare so hand uitgeruk het dat dit al eintlik belaglik geraak het. Die spreekwoordelike dam word regtig onder die eend uitgeruk.

Ek het dit weer opnuut besef omdat dit vanjaar my kleinseun se afskeid was. Die kleredrag is natuurlik elke ouer se persoonlike keuse en hoe dit elkeen se sak pas.

Maar wat my pla is dat die ete teen R900 per persoon was. Mensig! Wie eet R900 se kos? Nou help my reg as ek verkeerd is. Is die bedrag alles ten opsigte van die ete of gaan ‘n sekere gedeelte na die skool toe? En indien wel, vir watse rede?

Dit ten midde van ons land se ekonomie en al die werkloosheid. Ek meen hoe word daar aan diesulkes gedink vir wie dit ‘n daaglikse stryd is om die pyp te rook? Hoe voel daardie arme mense en hoe voel hul kinders? Lyk my elkeen is net daarop uit om sy eie pond vleis te kry.

My vraag is: Hoekom doen die hoofde of beheerliggame nie meer moeite om bietjie navorsing onder die leerders te doen deur hulle te vra waarvan hulle sal hou nie?

Hoekom kan die bymekaarkomplek nie die skoolsaal wees nie. Kry iemand om die spyseniering te doen of laat die Graad 11 leerders dit doen.

Al die ander leerders kan steeds mooi aantrek. Versier die saal en kry iemand om musiek te maak en ek glo hulle sal dit baie meer geniet. Dan kan die minder gegoede mense ten minste ook meedoen.

Om die kersie op die koek te sit het my kleinseun teen 9nm sy ouers gebel om hom en sy metgesel te gaan haal en sy woorde was: “Die kos was nie lekker nie en ook min.”

My dogter moes op pad terug by McDonalds stilhou om vir hulle kos te koop want hulle was honger. Ek dink dis uiters swak. Enige een wat tieners het weet hulle eet baie. Dan was daar een beker koeldrank op die tafel tussen 12 van hulle en hulle was gelukkig om ‘n halwe glasie koeldrank te kry.

Hierdie jongmense het so ‘n verwagting gehad maar hulle was uiters teleurgesteld. My kleinseun se metgesel se afskeid is aanstaande jaar maar sy het laat bleik dat sy dit nie sal bywoon nie want sy sê dis nie die geld werd nie.

Suzette

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button