Local newsNews

NG Brackenhurst hou weer Kermis

Ten spyte van die bewolkte weer was die parkeerarea propvol en mense het gesellig rondgewandel.

SATERDAGOGGEND, 26 Augustus was die begin van ’n opwindende dag by die NG-kerk Brackenhurst – hulle het hul jaarlikse kermis gehou!

KERMIS: Die kerk se heining was met aanloklike, helder kleure versier.

Hierdie byeenkomste word gehou om fondse vir die kerk in te samel, maar ook om die gemeenskap vir ’n dag van familie-vriendelike pret bymekaar te bring.

Ballonne het die heinings versier sowel as bordjies wat die lekkernye van die kos-stalletjies geadverteer het. Ten spyte van die bewolkte weer was die parkeerarea propvol en mense het gesellig in hulle gemaklike naweek-klere rondgewandel met Afrikaanse musiek alomteenwoordig.

MARK: Allerhande goed was by die verskeie stalletjies te koop – iets vir almal!

By die ingang was karnivaal-speletjies, ’n springkasteel, ’n pret-trein, karnivaal-swaaie en vele meer prettighede wat die kinders (en sommige volwassenes ook!) betower het.

Daar was ’n groot wit tent buite die kerksaal, gepak met stalletjies van alle soorte. Hier kon jy speelgoed, boeke, pannekoek, klere, kerrie en rys, lekkergoed en allerhande ditjies-en-datjies koop. In die kerksaal was daar nóg stalletjies, asook tafels waar mense rustig kon eet en gesels.

MOOI MUSIEK: Franz Geldenhuys het almal in bewondering met sy sterk stem en klavierspel gelaat.

“Die beste deel van die dag is natuurlik die pannekoek,” sê Tanya Pretorius, ’n besoeker. Haar kêrel, Gerrit van Zyl, glimlag en knik sy kop in ooreenstemming.

’n Veiling het 10vm plaasgevind en die saal se verhoog was met tweedehandse ware, soos boekrakke, TV’s, skilderye, musiekinstrumente, matrasse, elektroniese toestelle en selfs vloerteëls toegepak!

LEKKERNYE: Daar was heerlike soetighede te koop.

Franz Geldenhuys, ’n talentvolle musiekkunstenaar van Alberton, het die vreugde laat vloei toe hy voor die verhoog sing en klavier speel. Sy vernaamste treffers was verskeie ABBA liedjies, maar hy het ook ’n hele paar Afrikaanse liedjies gesing en gespeel. Hier en daar het mense te lekker saam gesing en saam met die musiek geswaai.

Dit was omtrent ’n lekker dag. Indien jy dit misgeloop het, moenie stres nie. Volgende jaar se Kermis is dalk net beter!

BESOEKERS: Gerrit van Zyl en Tanya Pretorius vind vreugde met die kermis se pannekoeke.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button