NewsSchools

Hoërskool Alberton verwelkom nuwe hoof

"Dit is werklik ‘n droom bewaarheid en ek hoop om groot dinge te bereik vir ons skool."

MENEER Jorrie Jordaan (53) word hartlik verwelkom as die nuwe hoof van Hoërskool Alberton sedert 1 Junie van hierdie jaar.

Jorrie het onderwys begin studeer in 1982 en sy doktorsgraad in Onderwysbestuur in 2011 verwerf. Hy het van 1989 tot 2002 gewerk as ‘n rekeningkunde onderwyser en daarna is hy verkies as die departementshoof van ekonomiese- en bestuurswetenskappe. Hy het aan sy ambisie vasgeklou en is vandag die skoolhoof van Hoërskool Alberton.

“Ek kan vir dié sê wat droom om ‘n onderwyser of skoolhoof te word, om in jouself te glo, in jou waardes vas te staan en altyd spanwerk belangrik te ag,” sê hy.

Sy vrou, Eline, werk saam met hom by die skool as fisiese wetenskap onderwyseres en adjunkhoof. Hulle het twee kinders, Ehan en Elri en dié slim gesin woon in New Redruth. Jorrie het ‘n passie vir kinders en sport. Oor naweke dien hy graag op rugbykommittees van die Goue Leeus Hoërskole, Noordvaal en NWU sportreeks kommittees.

Jorrie se droom is om elke liewe dag iets nuut te leer. As nuwe hoof, streef hy daarna dat Hoërskool Alberton vir elke leerder die beste onderrig sal voorsien en die beste hoërskool in Gauteng sal wees. Hy is baie opgewonde oor die toekoms.

“Ek voel ongelooflik bevoorreg om die hoof van so ‘n puik skool genoem te kan word – dit is werklik ‘n droom bewaarheid en ek hoop om groot dinge te bereik vir ons skool,” sê hy met ‘n trotse glimlag.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button