EntertainmentLifestyle

Oud-leerder vereer by die Ghoemas

Skool wens hom geluk.

JOSHUA na die Reën (Jacques de Villiers), oud-Marais Viljoener, is op 23 April tydens die Ghoema toekennings vereer met beste liedjie van die jaar.

Sy liedjie is aangewys as die beste liedjie van die jaar en sy album ” Die wêreld binne my” is aangewys as die beste kontemporêre album deur ‘n manlike kunstenaar. Jacques het in 2005 by Hoërskool Marais Viljoen gematrikuleer.

Om sy toekenning in perspektief te stel, Laurika Rauch, wat algemeen as die doyen van Afrikaanse musiek gesien word en as een van die meeste suksesvolste Afrikaanse kunstenaars deur die jare vereer word, het met haar album ” Die reis” die prys van beste kontemporêre album deur ‘n vroue kunstenaar ontvang.

Die Ghoema toekennings vir manlike en vroulike kontemporêre albums (en daarby nog liedjie van die jaar) word as van die mees gesogste pryse in die bedryf erken.

Marais Viljoen het hom op hul Facebook-blad geluk gewens. “Geluk aan Jacques/Joshua. Mag daar nog vele mooi klanke en woorde uit sy pen en kitaar vloei,” het die skool geskryf.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button