Local newsNewsUpdate

Huldeblyke aan Ludi Vink

Ons is dankbaar vir jou tyd met ons en dat jy almal wat jy ontmoet het se lewens ryker gemaak het.

LUDI Vink was ‘n groot gees en het groot gegaan waar hy ookal gegaan het.

Hy was groot op die lewe, liefde, familie en vriende en dit is hoe hy in Alberton onthou sal word.

ONS is geskok, stukkend, platgeslaan ā€¦ jou afsterwe so skielik. Ek is seker vir almal wat jou geken het, jou skielike tyding ā€˜n magdom emosies en herinneringe oproep; ā€˜n leemte in ons lewens wat nooit weer gevul sal kan word nie.

Ludi was ā€˜n plat-op-die-aarde mens wat met sy kunstigheid voluit gelewe het en deur die jare diep spore getrap het in menigte wat sy pad gekruis het. Hy het altyd ā€˜n plekkie in sy hart gehad vir nog ā€˜n vriend of vriendin en sy omgee vir ander was merkwaardig.

LEES:Ā Going down Ludiā€™s memory lane

Ek onthou Ludi as eksentriek en snaaks wat met warmte sy lag en die lewe met almal gedeel het. In ons harte en geheue sal ons Ludi altyd onthou, ā€˜n seun, broer en vriend duisend.

Jou heengaan word diep betreur deur jou kosbare familie en vriende, maar ons is dankbaar vir jou tyd met ons en dat jy almal wat jy ontmoet het se lewens ryker gemaak het.

Rus in vrede.

Lize-MarƩ Landsman (nƩƩ Maritz)

ONS ONTHOU: ‘n Ou skoolfoto met Ludi Vink (derde van links agter) saam met sy 2004 matriek skoolvriende in HoĆ«rskool Dinamika.

Ludi, ek sal jou altyd onthou as die ou met die mees aanvarende hart. Jy was lief vir mense en het hul aanvaar ongeag van hul omstandighede.

Rus in vrede.

Nicoline Hancock (nƩƩ Du Toit)

Ek dink nie jy het regtig besef hoe baie jy vir ander beteken het nie of hoe almal jou as hierdie ongelooflike wonderlike mens gesien het nie. Jy was een van die sagste mense met die mooiste harte en ons almal is so ryklik geseƫn om jou te kon ken. Die grootste leemte word gelukking nou gevul met fantastiese herinneringe van jou.

Rus saggies liefste Luds.

Niemand sal jou “gentle soul” vergeet nie

Monique Pieterse (nƩƩ le Maitre)

KUNSTIG: Ludi Vink het die Klas van 2004 se matriekbaadjies se ontwerp gedoen.

‘n Gedenkdiens word op Dinsdag, 28 Februarie, om 11:00 in die AlbertonĀ Metodiste Kerk, Heidelbergweg, New Market, ter nagedagtenis van Ludi gehou.

“Please share. This is the memory we want everyone to have about Ludi Vink. Not the violent and inhumane video footage that has been released.
Ludi was a lover, always. Here he is in nature with our dad, Lute Vink, the weekend before the attack.” – Karla Vink

 

Lees ook:Ā Ludi Vinkā€™s attacker out on R5 000 bail

For free daily local news in the south, visit our sister newspapersĀ Alberton Record,Ā Comaro Chronicle,Ā Southern CourierĀ andĀ Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit ourĀ Facebook,Ā TwitterĀ and Instagram pages. You can also email our offices onĀ cvdwalt@caxton.co.za,Ā juliem@caxton.co.zaĀ orĀ luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record:Ā 060Ā 644 5264Ā Comaro Chronicle:Ā 079Ā 427 8074Ā and Southern Courier:Ā 079Ā 404 5789.

Related Articles

Back to top button