NewsSchools

Marais Viljoen se opwindende revue

Marais Viljoen het verseker gesorg vir ’n goeie dosis vermaak met hul onlangse revue.

HOËRSKOOL Marais Viljoen het verseker gesorg vir ’n goeie dosis vermaak met hul onlangse revue.

Die vreemde naam vir die revue, ‘Bla bla cha cha cha’, het die tonge behoorlik aan die gesels gehad, maar dit het nie die 308 toegewyde leerders gekeer om hulle in elke liedjie en dans ten volle op die verhoog uit te leef nie.

Met heerlike Afrikaanse saamsingliedjies, romantiese liedjies, sommer net lekker “jump and jive”-liedjies tot natuurlik ook die cha cha cha, was daar definitief iets wat in almal, oud en jonk, se smaak geval het. ‘n Mens se voete het met tye behoorlik gejeuk en lank na die vertoning het die liedjies se lirieke nog in jou kop gemaal.

Die beligting en kostuumkeuses het met elke liedjie ’n totaal ander atmosfeer geskep en bygedra tot ongelooflike tonele wat die gehore na hul asems laat snak het.

Die leerders was met die 11 aande se optredes entoesiasties en lewenslustig, ten spyte van die feit dat hulle heeldag skoolgegaan het en sommige leerders by sportuitspele (netbal en hokkie) ook betrokke was.

“Die lojale personeel van Marais Viljoen het toegesien dat alles vlot verloop het, en hulle harde werk en toewyding het bygedra tot ouers en die publiek se lofuitinge vir die revue.

‘Bla bla cha cha cha’ is definitief ’n revue waaroor almal nog lank gaan gons,” het Anne-Marié Potgieter van die skool gesê.

U mag ook in die volgende belangstel:

Sterre skitter by Marais Viljoen revue

Marais Viljoen redenaars presteer

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

Related Articles

 
Back to top button