Community AnnouncementsNews

Mannekoor bied ‘n fees aan

Kore sal later vanjaar bekend gemaak word.

DAAR wag ‘n feestelike aand, gevul met koormusiek, op Albertonners.

Die Alberton Mannekoor gaan op Sondag, 21 Augustus, om 15:00, ‘n Mannekoorfees by die NG Brackenhurst-gemeente aanbied.

Dagboek nou al die datum en nooi jul vriende en familie. Volgens organiseerders beloof dit om ‘n groot geleentheid te wees. Bekende kore wat hierby gaan baat sal later bekend gemaak word.

Indien daar skole, kerke of ander instansies is wat van die geleentheid ‘n fondsinsameling wil maak, kontak vir Rienie Venter by 083 232 0359.

“Ons het spesiale pakkette wat ons vir jul kan aanbied,” het sy gesê.

Kaartjies beloop R100 per persoon en R60 vir kinders.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Related Articles

Back to top button