NewsSchools

Dinamika se mooi mense

Hoërskool Dinamika het op Vrydag, 20 Mei, ‘n spog-geleentheid aangebied.

DIT was omtrent ‘n gedoente en almal by Namies het gegons oor wie as Meneer en Mejuffrou Matriek, asook die senior en junior Mnr en Mej Dinamika aangewys sou word.

Die Hoërskool Dinamika het op Vrydag, 20 Mei, hierdie spog geleentheid aangebied.

Die leerders was in rep en roer oor die glansgeleentheid, waar die leerders oor hul talente en voorkoms kon spog.

Die beoordeelaars van Figures het Dinamika se talente raakgesien en het die wenners in die verskeie kategorieë aangewys.

In die kategorie van Meneer Matriek 2016 is Maché van Deventer as die wenner aangewys. Kurt Harmse het met die tweede prys weggestap en Justin du Preez is in die derde plek aangewys.

Lydia Mofekeng is as Mejuffrou Matriek bekroon, terwyl Kayla Nel die tweede plek verower het en Renique Venter in die derde plek aangewys is.

Clarissa Chalklen het die eerste plek vir Senior Mejuffrou Dinamika verower, Genique Hammond is as eerste prinses aangewys en Gina Adendorff as tweede prinses.

In hierdie kategorie is Jason van der Merwe as Senior Meneer Dinamika bekroon. Cha Deiker het die tweede plek verower en Keannu Annendale is in die derde plek aangewys.

Die juniors van die Hoërskool Dinamika het ook ‘n kans gekry om met hul talente op die loopplank te spog.

In die kategorie vir Junior Mejuffrou Dinamika het Leandri van Vuuren as die wenner weggestap. Nirvandi van Deventer is as eerste prinses bekroon, terwyl Lara Feenstra die titel vir derde prinses verower het.

Jayden Oosthuizen het as ‘n natuurlike model voorgekom en het die beoordeelaars se asems weggeslaan. Hy het immers met die eerste plek in die Junior kategorie weggestap. Keagan Halgreen is in die tweede plek aangewys en Monré Fourie het die derde plek verower.

*Verskaf deur Liandrie Prinsloo van die Hoërskool Dinamika.

U mag ook belangstel in:

*albertonrecord.co.za/98480/dinamika-leerlinge-woeker/;

*albertonrecord.co.za/107757/hoerskool-dinamika-kraai-koning/

Related Articles

Back to top button