EntertainmentLifestyleNewsSchools

Sterre skitter by Marais Viljoen revue

Marais Viljoen Revue 2013 was beslis 'n skitterende produksie wat die naam "Eclipse – when the stars are at their brightest" gestand gedoen het.

Met mev. Martie Heystek, Vanessa Prinsloo, Sarie du Preez en Adri Shaw aan die stuur, het die leerlinge al in 2012 begin oefen aan die revue met 350 leerlinge, elf soliste en vier choreograwe. Baie ure se dansoefening, 29 liedjies, baie lag en min slaap het ‘n produksie opgelewer wat gesoute akteur, Tobie Cronjé, as “uitmuntend” beskryf het.

Die hoogtepunt van die revue was die Gala-aand wat op 25 Julie plaasgevind het. Tydens hierdie spoggeleentheid het me. Wilma Barkhuizen die revue beoordeel vir die Alberton Eisteddfod en met ‘n “wow! wow! wow!” ‘n punt van 96 per cent toegeken.

Marais Viljoen se sterre het behoorlik geskitter en almal wat deelgeneem het of dit gaan kyk het, sal die 2013 revue nog lank onthou as een van die bestes ooit!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button