Local newsNews

Gideon Geyser was eggenoot, pa, oupa, en almal se vriend

Ons medelye met die familie en vriende van Gideon Geyser een van die Vaaldriehoek se besigheidseienaars, wat 11 Augustsus oorlede is.

VANDERBIJLPARK – Gideon Geyser (80) is 11 Augustus oorlede aan ‘n long embolisme. Hy het die afgelope drie jaar gesukkel met sy longe, maar sy afsterwe het sy familie en vriende onverhoeds gevang.

Hy het in die voormalige Transkei grootgeword en in Pietermaritzburg gematrikuleer.

Geyser het deur die jare by verskeie ondernemings gewerk en het uiteindelik sy eie besigheid saam met sy vrou, Susan, bedryf.

“Ons het mekaar 60 jaar geken en het Oktober 2023 ons 55ste huweliksherdenking gevier. Gideon was ‘n joviale, gasvrye, belese man met ‘n wye algemene kennis.

“Ons was ‘n goeie span en het al die jare dinge saam gedoen, van huis bou tot by ‘n besigheid begin,” het sy vertel.

Susan was vir 30 jaar die suster van Tjokkerland Kleuterskool. Geyser is vanuit die Vaalrivier Gemeente begrawe.

Na die roudiens het sy familie en vriende op die familie se kleinhoewe saamgetrek vir ‘n groot kuier net soos wat hy dit wou gehad het.

“Hy was altyd baie lief vir kuier saam met sy vriende en familie. Ons het juis met sy 80ste verjaarsdag in Januarie vir hom ‘n groot partytjie gehou wat hy baie geniet het,” het Susan vertel.

Hy word oorleef deur sy vrou, twee kinders en hul gades en drie kleinkinders.

Back to top button