Local newsNews

Hartseer nuus: Sanger Charles Rudd se vrou oorlede

Vaalweekblad se innige meegevoel aan die sanger en sy familie.

 

Vaalweekblad verneem dat mev. Gerda Rudd, vrou van die bekende Vaaldriehoekse sanger en liedjieskryfwer Charles Rudd, onverwags oorlede is.

Mev. Rudd was nog altyd ‘n integrale deel van haar man se optredes en is by aanhanges bekend as ‘n geliefde deel van die Rudd-span.

Verskeie boodskappe van medelye is die afgelope uur deur Charles se aanhangers en vriende aan Vaalweekblad gestuur en ook op sy Facebook-blad geplaas.
Meer besonderhede volg sodra nog inligting bekend word.

Die sanger Charles Rudd.

 

Wyle mev. Gerda Rudd.

Hier is een van die boodskappe van medelye, geskryf deur Denise Flint Engelbrecht:

Ons Barrage Boeremark se harte is seer met die afsterwe van Gerda Rudd, vrou van Charles Rudd. Gerda, ons gaan jou mis met jou mooi hart en pragtige glimlag. Ons Hemelse Vader het jou kom pluk vir sy blommetuin. Sterkte aan Charles en familie. Mag ons Hemelse Vader julle troos en dra deur die hartseer tyd.  🙏🙏

Back to top button