Local newsNewsSport

Brakpan net te sterk vir Springs

Springs struikel oor die laaste hekkie.

Springs Rugbyklub eerste span moes Saterdag die aftog blaas teen ‘n begeesterde Brakpan span in die Valke Peregrine Liga.

Die wedstryd is op die Bosman Stadion beslis en Springs het van die veld afgestap met die telbord op 34-47.

Die eerste helfte was baie gelykop gewees. Brakpan het die eerste drie van die wedstryd, wat suksesvol verdoel is, vroeg in die eerste helfte gedruk.

Springs het daarna vining teruggeslaan met ‘n drie van hul eie.

Die doelskop was nie suksesvol gewees nie. Daarna het Brakpan nog een drie in die helfte gedruk wat verdoel was en Springs twee verdere drieë, een doelskop en een strafdoel wat in punte omskep was.

Met halftyd het Springs met 20-14 voorgeloop.

In die tweede helfte het Springs in die begin gesukkel om by Brakpan te bly, met die gevolg dat Brakpan vyf verdere drieë gedruk het met Ou Ryperd wat in die laaste kwartier sterk aangeval het, en met twee drieë beloon is.


LEES OOK: Blink toekoms wag op jong bokser


Springs het 14 punte in die tweede helfte aangeteken teenoor die 33 punte van Brakpan. Springs het een geel kaart in die wedstryd ontvang.

Die wedstryd is gekenmerk deur plettervatte aan beide kante met die spanne wat die ruimte vir aanval ingeperk het.

Daar was heelwat hanteerfoute deur Springs begaan wat uitgeloop het in punte vir die hulle teenstanders.
Die wedstryd was in goeie gees gespeel deur beide spanne.

Springs se puntemakers was: Drieë: Wandré Storm (1), Justen Smith (1), Jamie Campbell (2) en Rudolph Potgieter (1).

Doelskoppe: André Smith (2) en Jamie Campbell (1). Strafdoele: André Smith (1).


LEES OOK: Dynamic Archery School shines at Ekurhuleni provincials and secures spots for nationals


Related Articles

Check Also
Close
Back to top button