Local newsNewsSchools

SHS kultuur-leerders wys hul harde werk

Hoërskool Standerton het op 20 Augustus ’n kultuuraand gehou, waar hul koor en toneel leerders opgetree het.

Hoërskool Standerton het op 20 Augustus ’n aand vol trane, lag en kultuur aangebied. Ouers en kultuurliefhebbers kon uitsien na ’n optrede van SHS se koor, wat in pefekte harmonie die aand geopen het.

Kort daarna is die eerste toneelstuk van die aand afgeskop. Voetspore, ’n tragiese verhaal wat handel oor twee kankerpasiënte wat mekaar ondersteun en opbou tydens hul stryd.

Zietske Bailey het die rol van Klara aangedurf, ’n jong pasiënt wat selfs in die donkerste tye positiwiteit uitstraal.

Sy het ’n briljante interpretiewe dans opgevoer om haar stryd om aan die lewe te bly uit te beeld.

Clarissa Gerber het die rol van Mieke, ’n pasiënt wat vanweë kanker geen beheer oor haar bene het nie, vertolk.


Zietske Bailey as Klara.

Anke van Aswegen het verskyn as Sonia, ’n verpleegster wat die dogters versorg. Die toneelstuk was gemerk deur emosie en het die gehoor teen die einde in trane gehad.

Tydens die volgende toneelstuk, Die Môrester, was die kamer gevul met spanning. Marli van Vuren het met onmeetbare finesse die rol van Cameron vertolk.

Michael Kalell het die rol van Charl vervul, Lidmari Sheppard het in Alma se psige ingeklim, Chane Vosloo het Tine uitgebeeld, Lenmari Jordaan het as Ashleigh opgetree, Denise van Jaarsveld as Danielle en Christiaan van Rooyen het verskyn as Jean.

Die groep het die storie van Cameron se agteruitgang van gewilde skooldogter na moordenaar uitgebeeld op ’n manier wat Magdel Brand, die toneelstuk skrywer, sou trots maak.



Die sewe sondes in die verhaal word uitgebeeld deur Alaina Cronje as Wellus, Aneke Kapp as Woede, Susan Cawwood as Jaloesie, Marlize Rautenbach as Hebsug, Anelga Swart as Hoogmoed, Bonisiwe Sibanyoni as Luiheid en Simonete Botha as Vraatsug.

Die groep het die storie na die lewe gering, maar een rolspeler het uitgestaan. Marli van Vuren is nuut op Standerton en het die rol vinnig leer ken.

“Sy het vir drie weke geoefen toe vat sy die rol,” het Shawn Potgieter, die regisseur van die groep gesê.

Al die tegniese aspekte van die aand, insluitend klank en ligte is deur leerders van SHS hanteer.




LEES OOK: Steffans Mahlangu is now the Charl Cilliers chief

LEES OOK: WATCH: Pedestrian finds crying baby next to the road near eMbalenhle

Related Articles

Back to top button