Local newsSchoolsSport

Mullies-familie hou prettige sportdag

Ouers en leerders van Laerskool Muldersdrif het mekaar op die netbalbane en rugbyvelde aangepak.

Ouers van Laerskool Muldersdrif tesame met hul kinders en selfs ‘n paar onderwysers het mekaar onlangs op die rugbyvelde en netbalbane aangepak.

Op 22 Julie het 11 netbal- en 12 rugbyspanne die koue aangedurf op die sportvelde. Die spanne het uit ouers, onderwysers en o13 rugby- en netbalspelers bestaan. Die dag is deur die skool aangebied – eerstens as ‘n fondsinsameling en tweedens, om ouerbetrokkenheid by die skool aan te moedig.

Die ma’s het hul netbal baie ernstig opgeneem. Foto: Natasha Pretorius.

Die rugbyspanne het raakrugby teen mekaar gespeel terwyl die netbalspanne ‘ekstreme netbal’ wedstryde gespeel het. Mense moes self hulle spanne saamstel en inskryf en van die spanne het in die winter skoolvakansie reeds begin oefen. Dit het egter nie probleemloos verloop nie omdat meer spelers tydens oefeninge beseer is as op die dag self. By die netbal was daar selfs spelers wat nog nooit van tevore netbal gespeel het nie. Elke span het vier weke gehad om voor te berei.

‘n Systappie. Foto: Natasha Pretorius.

Die pa’s en hul seuns het ook die geleentheid gehad om vir ‘n ‘skillz’-kompetisie in te skryf en daar het hulle verskeie skoppe gedoen terwyl die ma’s, of pa’s, ook saam hul dogter kon inskryf vir die ‘skillz’-netbal. Hier moes die spanne kyk hoeveel doele hulle in een minuut kan gooi.

Mullies het egter stof in die res van die spanne so oë geskop, met die skool se vroue onderwysers as die netbal-wenners vir die dag. Die Delta Blue Ramkatte het die rugby gewen met die Mullies mans onderwysers wat tweede geëindig het.

Die ma’s het hul netbal baie ernstig opgeneem. Foto: Natasha Pretorius.

Hierdie geleentheid was vir die tweede keer by die skool aangebied. Verlede jaar was daar ‘n pa’s teen onnies krieketdag. Elra Blacquire van die skool het vertel dat die ouers reeds vuur en vlam is vir volgende jaar se kompetisie.

Dit is hoe mens raakrugby speel. Foto: Natasha Pretorius.

“Daar was ‘n ongelooflike gees wat geheers het. Almal was lekker moeg aan die einde van die dag. Ek dink dat dit ’n goeie manier is om bande tussen ouers en onderwysers te versterk. Mens leer mekaar op ’n ander, meer persoonlike vlak ken. Daar was ongelooflike borge vir pryse wat ons aan ons wenners uitgedeel het. Baie dankie aan almal wat Mullies ondersteun met borgskappe. Dit maak so dag net meer spesiaal. So groot dag kan net ’n sukses wees met spanwerk. Dankie vir al ons personeel wat voor die tyd en op die dag gewerk het,” het Elra gesê.
Die spanne wat mekaar aangepak het was die Lekker Boyz, Punishers, Delta Blue Ramkatte, Kantlyn Coaches, Gr 3 Spartans, Die Flamane, HDL, Legends, Die A-span, die Mullies mans onderwysers en die o13 rugbyspelers. By die netbal het die Mom Squad, Mafia Mothers, Die flamingo’s, Tiger Lilies, Vreemde Piesangs, Sumi Wrestlers, Die B-span, Zombiecorn, Screaming Divas, Eskom Blackouts (Mullies vroue onderwysers) en die o13 netbaldogters teen mekaar te staan gekom.

Back to top button